Reëls
SARIE Voorbladgesig: Hier’s die reëls
- Om in te skryf moet jy minstens 18 wees en graad 12 voltooi het (nie in 2026 in graad 12 wees nie), ’n burger van SA of Namibië wees, en in een van dié lande woon.
- Voorbladgesig het 4 kategorieë vanjaar. 19 – 28 Jaar ( jy moet klaar wees met skool), 29 – 38 Jaar, 39 – 48 Jaar, 49+ Jaar.
- Jy mag deur iemand anders ingeskryf word.
- Semifinaliste en finaliste mag nie ’n finalis in enige ander voorbladgesig-wedstryd wees nie.
- Skryf met drie verskillende foto’s in op voorbladgesig.sarie.com. Jou foto’s moet in die formaat van ’n JPEG of PNG wees, en dit moet kleiner as 4 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie. Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie.
- Inskrywings open Woensdag 15 April 2026 en sluit Vrydag 15 Mei 2026 om 24:00 (middernag).
- 35 semifinaliste (dit sluit die 7 van Nuwe Gesig in) word gekies deur die beoordelaars.
- Elk van die 35 semifinaliste sal gevra word om ’n video van 30 sekondes te maak waarin sy haarself bekendstel (’n voorbeeld sal op SARIE.com verskaf word).
- Die Top-35 se inskrywingsfoto’s verskyn in SARIE se Julie/Augustus-uitgawe wat vanaf 26 Junie op die winkelrakke verskyn.
- Die Top-7 word gekies deur die beoordelaars en sal op SARIE.com en op SARIE se sosialemedia-platforms op 1 Augustus aangekondig word.
- Die Top-7 moet 29 Junie – 3 Julie beskikbaar wees vir ‘n fotosessie in Kaapstad.
- Die wenner, gekies deur die beoordelaars, verskyn op SARIE se September/Oktober-voorblad – die gróót prys! Die uitgawe is vanaf 28 Augustus op die rak.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere kommunikasie sal plaasvind nie.
- LW: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.
- Alle bepalings en voorwaardes geld. Leer hiér meer daaroor: Bepalings en voorwaardes
SARIE Nuwe Gesig: Hier’s die reëls
- Om in te skryf moet jy in 2026 16, 17 of 18 jaar oud word. Indien jy reeds graad 12 voltooi het, kan jy nie meer vir Nuwe Gesig inskryf nie.
- Familie of vriende kan jou nie benoem of namens jou inskryf nie – jy moet jouself inskryf.
- Semifinaliste en finaliste mag nie ’n finalis in enige ander voorbladgesig-wedstryd wees nie.
- Jy moet ’n burger van SA of Namibië wees, en in een van dié lande woon.
- Inskrywings open Woensdag 15 April 2026 en sluit Vrydag 15 Mei 2026 om 24:00 (middernag).
- Skryf met drie verskillende foto’s in op voorbladgesig.sarie.com/nuwe-gesig. Jou foto’s moet in die formaat van ’n JPEG of PNG wees, en dit moet kleiner as 4 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie. Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie.
- Die Top-35 se inskrywingsfoto’s verskyn in SARIE se Julie/Augustus-uitgawe wat vanaf 26 Junie op die winkelrakke verskyn.
- Elk van die 35 semifinaliste sal gevra word om ’n video van 30 sekondes te maak waarin sy haarself bekendstel (’n voorbeeld sal op SARIE.com verskaf word).
- Die Top-7 word gekies deur die beoordelaars en sal op SARIE.com en op SARIE se sosialemedia-platforms op 1 Augustus aangekondig word.
- Die Top-7 moet 29 Junie – 3 Julie beskikbaar wees vir ‘n fotosessie in Kaapstad.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere kommunikasie sal plaasvind nie.
- Die wenner van die SARIE Nuwe Gesig verskyn op ‘n kleiner weergawe van SARIE se September/Oktober-voorblad – dis die gróót prys! Die uitgawe is vanaf 28 Augustus op die rak.
- LW: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.
- Alle bepalings en voorwaardes geld. Leer hiér meer daaroor: Bepalings en voorwaardes