
Kontak SARIE só
Het jy navrae? Loer eers onderaan dié bladsy na algemene probleme en oplossings. Indien jy steeds sukkel, kan jy ons kontak deur die onderstaande vorm in te vul. Ons sal jou binne twee werksdae antwoord.
ALGEMENE PROBLEME
HOEKOM WORD R100 ADMINISTRASIEGELD GEVRA?
Dit is om te verseker dat die wedstryd so vlot as moontlik verloop en die inskrywingsplatform so sterk as moontlik is.
Met SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig wat saam loop, word ’n beter webtuiste vereis, asook ’n groter span om dié webtuiste, ons sosialemedia-platforms en die beoordelingsproses te hanteer.
Jou R100 en voortgesette geesdrif en deelname maak dit alles moontlik.
MY NAAM/VAN/OUDERDOM IS VERKEERD OP DIE INSKRYWING
Stuur ’n e-pos aan voorbladgesig@sarie.com met ’n skakel na jou inskrywing en die korrekte inligting.
BELANGRIK
Voor jy aanvaar dat jou inskrywing nie ontvang is nie, lees asseblief deur die algemene probleme hieronder.
Moenie twee keer inskryf en ’n dubbele betaling maak nie. Kontak ons as jy dink jou betaling was onsuksesvol.
EK HET NIE ’N E-POS ONTVANG NIE
Jou inskrywing word nie per e-pos bevestig nie. Ná stap 2 (inskrywingsvorm en foto’s) verskyn ’n boodskap op jou skerm wat jou inskrywing bevestig. Jy kan jou Voorbladgesig-inskrywing hier en Nuwe Gesig-inskrywing hier vind of jou naam hier soek. As jou inskrywing op hierdie webwerf verskyn, is dit suksesvol.
MY FOTO’S LAAI NIE OP NIE
Maak seker jou foto’s se name bevat geen simbole of diakritiese tekens nie.
Drie foto’s word toegelaat as ’n JPEG of PNG en dit moet kleiner as 4 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie.
EK SIEN NIE MY INSKRYWING AANLYN NIE
’n Kennisgewing om jou inskrywing te bevestig verskyn op jou skerm ná jy stap 2 (inskrywingsvorm en foto’s) voltooi het.
Dit kan ’n ruk neem voordat jou inskrywing aanlyn verskyn.
As jy dit nie dadelik sien nie, moet asseblief nie jou bladsy verfris nie en kyk later weer.
Jy sal jou inskrywing vir SARIE Voorbladgesig hier vind en jou inskrywing vir SARIE Nuwe Gesig hier.
EK HET REEDS BETAAL, HOE KRY EK DIE INSKRYWINGSVORM?
Teken in op jou profiel en gaan na die “SKRYF IN”-knoppie heel bo aan die webtuiste.
Klik onder die drop down menu op “VOORBLADGESIG” of “NUWE GESIG”.
Scroll af op die blad om die vorm te kry en jou foto’s te laai.