
Is jy ons SARIE September/Oktober – voorbladster?
INSKRYWINGS NOU OOP

Sestien jaar gelede het die eerste wenner van SARIE Voorbladgesig op die voorblad gepryk – Alrie Velleman van Gqeberha.
Verlede jaar was Jennica Marais van Durbanvile ons wenner. En nou is dit tyd om ons 16de Voorbladgesig te kies. Dalk is dit jou jaar!
Dit is ook die 7de jaar dat ons SARIE Nuwe Gesig aanbied.
Ons grootse vennoot van die afgelope sewe jaar, die Isa Carstens Akademie, is saam ons opgewonde om te sien wie vanjaar met die voorblad wegstap.
Ons verwelkom ook ons nuwe silwer borg – Kleine Zalze.
Gryp die geleentheid aan om deel te wees van iets besonders!

Hoe dit werk
Drie foto’s moet opgelaai word en 72 DPI wees, met ’n maksimum van 4 MB elk, portretstyl. Hoe nader jou foto’s aan die onderstaande riglyne is, hoe beter is jou kans om raakgesien te word.












