Is jy ons SARIE September/Oktober – voorbladster?

INSKRYWINGS NOU OOP

Vyftien jaar gelede het die eerste wenner van SARIE Voorbladgesig op die voorblad gepryk – Alrie Velleman van Gqeberha.

Verlede jaar was Marieta Ferreira van Pretoria ons wenner. En nou is dit tyd om ons 15de Voorbladgesig te kies. Dalk is dit jou jaar!

Dit is ook die 6de jaar dat ons SARIE Nuwe Gesig aanbied.

Ons vennoot van die afgelope sewe jaar, die Isa Carstens Akademie, is saam ons opgewonde om te sien wie vanjaar met die voorblad wegstap.

Gryp die geleentheid aan om deel te wees van iets besonders!

* Verlede jaar het ons ‘n spesiale, eenmalige SARIE75-wenner gehad vir ons 75ste verjaardag. Twee jaar, 2016 en 2017, het ook elk twee wenners opgelewer.

Hoe dit werk

Drie foto’s moet opgelaai word en 72 DPI wees, met ’n maksimum van 4 MB elk, portretstyl. Hoe nader jou foto’s aan die onderstaande riglyne is, hoe beter is jou kans om raakgesien te word.

In trotse samewerking met


Onlangse berigte

SARIE Voorbladgesig 2021-glansoomblikke

Elkeen van ons verdien om gepamperlang en bederf te word. En as die wenner van SARIE Voorbladgesig kan jy verseker wees dat jy tot in die afgrond toe bederf gaan word. Maar gou spring, inskrywings moet ons voor middernag op 13 Mei bereik.

Read More

LEES MEER