Zulekha Botha
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Besigheidsvrou / Influencer
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Hoekom wil ek inskryf?
Vir my gaan dit regtig oor soveel meer as net 'n gesiggie op 'n voorblad. Dit gaan daaroor om 'n gesig van hoop, liefde, geduld en die lig van God te wees wat van binne af straal. My grootste wens vir hierdie jaar is om 'n baken van hoop vir ander te wees – ’n herinnering dat ons nie gedefinieer word deur wat met ons gebeur het nie, maar deur hoe ons kies om steeds te skyn.
Ek glo vas dat ware verandering in die wêreld begin wanneer ons innerlik gesond word – al is dit soms deurmekaar, pynlik en ongemaklik. Ons moet leer om nie te bloei op die mense wat ons seergemaak het nie, maar eerder te groei in genade. Om mekaar aan te moedig, met empatie te leef en liefde bo oordeel te kies. Elkeen dra ’n storie – en elke storie is waardig, solank ons dit nie gebruik om onsself vas te hou in ’n slagoffer-mentaliteit nie.
In ’n wêreld waar hardheid dikwels as sterker gesien word meer as sagmoedigheid, kies ek om ’n verskil te maak. Ek glo in die krag van ’n gesonde verstand, ’n gesonde hart en ’n lewe vol geloof. Om ’n ligdraer te wees. ’n Baken van hoop. Want dit is moontlik.
Waar ek loop, wil ek lig agter los – selfs in die donker.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sjame – dit is so lekker woord wat in my daaglikse woordeskat gebruik word. Sjame, dis nou oulik OF Sjame, ek is so jammer vir hartseer.
3 woorde wat jou goed opsom:
Hartsogtelik, Dapper, Sagmoedig