Zoë Viljoen
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog altyd daarvan gehou om mooi aan te trek en mooi te voel. Vir my gaan styl nie net oor klere nie maar oor hoe jy jouself aan ander voorhou.
Van kleins af het my ma wat self in die modebedryf was my geïnspireer met haar nederigheid en liefde vir die mense rondom haar, en dit is presies wat ek ook wil uitstraal.
Hierdie is vir my ‘n kans om iets nuuts en opwindend te probeer, en ek sal graag vroue en jong meisies wil inspireer om nie net te fokus op hulle uiterlike skoonheid nie maar ook op hulle innerlike.
Om mooi te wees gaan nie net oor hoe jy. lyk nie, maar oor WIE jy is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefie
3 woorde wat jou goed opsom:
Opreg, Lojaal, Gegrond