Zoë Oosthuisen
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
As ’n matriekmeisie is ek oop is vir nuwe uitdagings. Ek glo vas in die waarde van ’n stylvolle benadering in elke aspek van my lewe – van hoe ek myself aanbied en hoe ek ander mense hanteer. Styl is vir my meer as net voorkoms; dit is ’n refleksie van respek, selfliefde en waardigheid. Tog weet ek, sonder die Here se liefde en leiding sou ek niks daarvan kon regkry nie. Dit is Sy teenwoordigheid wat my dra – deur elke hoogtepunt én elke laagtepunt. Ek glo elkeen van ons is op aarde geplaas om ’n unieke storie uit te leef en meer belangrik – in te kleur. Vir my is deelname aan ‘Sarie Nuwe Gesig 2025’ ’n deel van my eie storie. Ek sien dit as ’n geleentheid om nie net my eie potensiaal te ontwikkel nie, maar ook om ’n positiewe en gesofistikeerde impak op my gemeenskap te maak. Wanneer jy liefde uitdeel, keer dit altyd dubbel en dwars terug na jou toe. Want dit gaan nie net oor hoe jy lyk nie, maar hoe jy leef, wat jou storie onvergeetlik maak. My storie. Ons inspirasie – S A R I E.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Storie
3 woorde wat jou goed opsom:
Stylvol, Sagmoedig, Standvastig