Z’Mari van Niekerk
Dorp/Stad waar jy woon:
Vredehoek, Kaapstad, 7800
Beroep:
Apteker en Apteek bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nie ingeskryf nie, ek het dit al oorweeg maar was maar altyd huiwerig. Soos baie vrouens en jong dames het ek ook gesukkel met my selfbeeld, en het onlangs eers die krag daarvan agterkom om werklik “oky” te wees met jouself en jouself te aanvaar. Ook om kliphard vir jouself te lag (dit is so terapeuties). Ek skryf dus in om ‘n voorbeeld te wees van ‘n goeie en gesonde selfbeeld. As mens ‘n goeie selfbeeld het beteken dit nie jy dink baie van jouself nie, dit beteken slegs dat jy jouself aanvaar. Ek het ‘n hele ruk terug op die volgende “quote” afgekom: “Walk into every room like you belong there- head high, shoulders back, heart steady. Not to prove you’re better, but because you finally know your worth doesn’t shrink in anyone else’s presence.” Van daar af het ek dit my mantra gemaak. Ek hoop dat om deur die volgende “Sarie – voorblad gesig” te wees ek ander dames kan motiveer om ook ‘n goeie selfbeed te hê, en dat hulle sal besef dat dit weklik ‘n “superpower” is om jouself (met al jou foute en dinge) te aanvaar.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
“Aitsa” Ek gebruik “Aitsa” daagliks (ek sit en giggle byvoorbeeld nou vir myself). Dit is net so lekker positiewe woord. Ek het ook onlangs uitgevind dat die woord “Aitsa” eintlik afkomstig is van Khoisan-tale.
3 woorde wat jou goed opsom:
Empaties, Hardwerkend, Liefdevol
