Zell-Marique Schreuder
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Beroep:
Model,Tiktok streamer, small business owner
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in by SARIE omdat ek uiteindelik besluit het om nie meer weg te kruip agter my skaamheid nie. Ek is ’n introvert, iemand wat hou van my eie spasie, en sosiale situasies maak my baie keer angstig, veral as ek nie mense persoonlik ken nie. Partykeer kom ek awkward voor, en ek is nie altyd die een wat n gesprek begin of dra nie, maar ek is opreg. Ek luister, ek voel mense se energie aan, en ek gee om.
Vir my gaan dit ook oor meer as net n mooi gesig. Dis wat binne in jou is, jou hart, jou siel, jou storie, jou groei wat regtig saak maak. Ek glo dit is wat mense raak sien en onthou.
Wat vir my so spesiaal is, is dat hierdie droom eintlik lankal deel van my lewe is. As n kind het ek al aan local model shows deelgeneem, al was ek skaam. Ek het onlangs ’n ou koerant van 2005 gekry waar ek, net 5 jaar oud, as ’n model verskyn het in n groep en dit het my diep geraak. Dit het my laat besef hierdie is nie iets nuuts nie, dit was nog altyd in my.
Ek onthou ook hoe ek ure lank na tydskrifte soos SARIE gekyk het, modelle uitgeknip het, “makeovers” op hulle geteken het… ek was so gefassineer, sonder om te weet ek bou aan iets groter.
Vandag is ek n signed model iets wat ek altyd gese het ek nooit sal wees nie. Dis ironies, maar ook mooi. Want ek glo nie dis toevallig nie. Ek glo die Here het my op hierdie pad geplaas, al voel ek partykeer onseker of oorweldig. Soos my ouers altyd se: “Vir die Here is niks onmoontlik nie.”
So ek skryf weer in vir n 2de keer met n brave hart. Nie omdat ek perfek is nie, maar omdat ek glo in my storie, my groei, en my potensiaal.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Hardwerkend, sterk, omgee
