Zelda van der Merwe

Dorp/Stad waar jy woon:

George

Beroep:

Haarstylis

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het ń paar stories om te deel, stories van ware vergifnis, emosionele gesond wording, 2de kanse, 75kg ligter en dan ń 10 jaar lange vriendskap wat met ń Sarie voorblad gesig begin het.

Ek het geleer as jy nie kanse vat nie groei jy baie stadiger, dit druk jou om na jou mens wees te kyk, dit ontgin iets binne jou wat nooit sou wees as jy nie in daardie situasie was nie.

Ek het ń passie vir vroue en is mal daaroor om te sien hoe hulle kan opstaan uit omstandighede en die lewe weer aanpak.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lafenis

3 woorde wat jou goed opsom:

Balans, Lief, Passievol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media