Zea Ferreira

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig 2025 omdat ek nie net droom daarvan om op ’n voorblad te verskyn nie – ek ontwerp hulle self. As ’n student in digitale bemarking met ’n passie vir ontwerp, fotografie en styl, leef ek daagliks in die wêreld van beeld en invloed. Maar hierdie droom is vir my meer as net 'n loopbaanpad, dit is iets persoonlik. My ma was ’n model en van kleins af het ek vir dae, selfs weke aan een, na haar foto’s gekyk, gefassineer deur haar elegansie, houding en die wêreld waarin sy beweeg het. Daardie inspirasie het my altyd bygebly, en vandag bou ek aan my eie pad, een wat kreatiwiteit, selfvertroue en moderne bemarking saamsnoer. Ek sien hierdie kompetisie as die perfekte samesmelting van my storie, my styl en my strewe om ander jong vroue te inspireer om hul plek vol te staan – nie net op die bladsy nie, maar in die lewe self.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Liefde

3 woorde wat jou goed opsom:

Ambisieus, Kreatief, Dinamies

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media