Zanéke Ludick

Dorp/Stad waar jy woon:

Ermelo

Beroep:

Sales Manager

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf vir die eerste keer in vir SARIE voorbladgesig Ek skryf in as ’n lewende bewys dat ’n vrou haar eie grens kan skuif — oor en oor. In net een jaar het ek van ontvangsdame gegroei na HR- en payroll-administrateur, en is toe onderlangs na Sales Manager in houtverkope bevorder waar ek nou nuwe uitdagings moet aanpak en leer . Dis ’n manswêreld, ja ! — maar ek staan nie terug nie, ek neem my plek in met oortuiging en styl. Ek werk voltyds van 6 tot 6, en bou saans verder aan my toekoms deur aanlyn by die Universiteit van Johannesburg te studeer. Ek wag nie vir geleenthede nie — ek skep dit. Ek skrik nie vir uitdagings nie — ek hardloop reguit daarin. Ek kies dissipline bo gemak, groei bo vrees, en doelgerigtheid bo twyfel. Vrouens ís sterk. Ons kan enigiets vermag — en boonop doen ons dit met grasie en styl ! Op die ouderdom van dertien het die volgende woorde van die afrikaanse film – Dis Koue Kos, Skat – vasgesteek by my : “’n Vrou is soos ’n teesakkie — jy weet eers hoe sterk sy is wanneer sy in warm water is.”

Gebeure wat al plaasgevind het in my lewe bepaal nie wie ek is nie , wie ek kies om te wees in die oggend wanneer ek my oë oopmaak , dankbaar vir nog ‘n dag wat die Here my gun bepaal wie ek is. Ek wil ’n merk los wat nie misgekyk kan word nie .

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Liefhebbend

3 woorde wat jou goed opsom:

Selfversekerd, Hardwerkend, Doelgerig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media