Zandelee van der Westhuizen

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Skoonheidsalon eienaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek is in 2011 met Lupus gediagnoseer ’n pad wat my geleer het van pyn, deursettingsvermoë en hoop. Deur elke uitdaging het ek gekies om positief te bly en aan myself te bewys dat ’n diagnose nie jou drome hoef te definieer nie.

Met harde werk, geloof as my anker en ’n passie vir wat ek doen, het ek geleer dat dit steeds moontlik is om jou drome waar te maak, selfs wanneer die pad moeilik raak.

Ek skryf vir die Sarie Voorbladgesig in omdat ek ander mense wil inspireer om nooit moed op te gee nie en om te wys dat ware skoonheid lê in krag, deursettingsvermoë en die vermoë om steeds te glimlag ten spyte van die uitdagings wat jy dra.

Nee dit sal my eerste keer wees wat ek inskryf.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

My gunsteling Afrikaanse woord is ‘Vasbyt’, omdat dit my herinner om nooit moed op te gee nie.

3 woorde wat jou goed opsom:

Vriendelik, Bereidwillig, Positief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media