Yolande Fourie
Dorp/Stad waar jy woon:
Upington
Beroep:
Besigheids Eienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is opgewonde om in te skryf vir die volgende Sarie Voorbladgesig omrede ek daarna streef om 'n positiewe impak te hê op enige individu groot of klein wie op my pad kruis. Ek glo daarin dat ons as mens 'n positiewe verskil in hierdie wêreld kan maak deur om ander se lewens op te helder of slegs ietsie kleins te doen op 'n daaglikse basis vir iemand, al is dit slegs om 'n minderbevoorregte persoon ook goed te laat voel vir 'n oomblik niemand weet waardeur daardie persoon gaan. Mens hoef nie noodwendig vir iemand iets te gee in die vorm van geld of kos nie maar, slegs 'n gebed of 'n glimlag kan daardie persoon weer nuwe moed en krag gee vir die volgende tree.
Ek was gekroon as Mev Noord-Kaap 2023-2024 asook Miss Chic 2024 en dit was vir my 'n absolute voorreg gewees om my gemeenskap te help waar ek kon en veral om daardie Klein gesigies te sien opkyk na iemand is onbeskryflik want, ons plaas hoop in die toekoms. My boodskap is nie dat 'n mens 'n titel moet dra om 'n verskil te maak nie maar, dat enige individu 'n positiewe impak op iemand se lewe kan hê deur slegs liefde en omgee uit te straal.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Regverdigheid
3 woorde wat jou goed opsom:
Nederig, Regverdig, Selfgedrewe