Yda Roets

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Tweede jaar voedselwetenskap student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nog nooit voorheen vir SARIE Voorbladgesig ingeskryf nie, maar ek gaan definitief nie toelaat dat dit my keer om hierdie geleentheid vir die eerste keer aan te gryp nie.

Ek het besluit dat ek nie meer net gaan droom oor die persoon wat ek wil wees nie — ek gaan begin werk om daardie persoon te word. Ek het vir myself ’n lys gemaak van alles wat ek wil bereik, maar ook alles wat ek wéét ek in staat is om te bereik. Hierdie inskrywing is deel van daardie pad. Dis my manier om vir myself te wys dat ek besig is om te groei, dat ek bereid is om vir myself te veg, en dat ek begin glo in my eie vermoëns.

Ek leer stadig maar seker dat selfvertroue nie beteken jy is nooit bang nie — dit beteken jy gee jouself steeds die kans, al weet jy nie presies hoe alles gaan uitdraai nie. Hierdie is my volgende stap in die proses om my eie selfvertroue op te bou, na 'n leeftyd van afbreek.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Koekeloer

3 woorde wat jou goed opsom:

Sagmoedig, Betroubaar, Doelgerig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media