Veronica Swartz
Dorp/Stad waar jy woon:
Hekpoort
Beroep:
Onderwyseres
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig omdat ek glo dat elke vrou 'n storie het wat die wêreld moet hoor en ek is gereed om myne te vertel.
Ek is trots op wie ek is: 'n vrou wat met eerlikheid, krag, sagtheid en deursettingsvermoë leef. Ek verteenwoordig nie net my eie reis nie, maar ook die stem van soveel ander vroue in Suid-Afrika wat elke dag kies om op te staan en hul drome na te jaag.
Sarie is vir my meer as net ‘n tydskrif dis ‘n viering van vroulike waardigheid, styl en inspirasie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Voluit
3 woorde wat jou goed opsom:
Vasberade, Sag, Stralend