Tiané Maritz

Dorp/Stad waar jy woon:

Bela-Bela

Beroep:

Grafiese ontwerp student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nie ’n perfekte rede hoekom ek inskryf vir Sarie Voorbladgesig 2026 nie. Ek wil net iets doen wat ek normaalweg nooit sou doen nie.
Ek wil uit my gemaksone klim en myself toelaat om iets nuuts, anders en opwindend te probeer. Ek sien myself nie as die tipe standaard skoonheid wat mens gewoonlik op ’n voorblad verwag nie, en dis presies hoekom ek inskryf.
Ek wil wys dat mooi nie net een tipe mens of een perfekte beeld is nie. Soms is mooi iemand wat onseker is, maar steeds opdaag. Iemand wat nie perfek voel nie, maar nogsteeds die kans vat.
Ek skryf nie omdat ek dink ek is perfek nie, maar omdat ek uiteindelik besig is om gemaklik genoeg te raak om myself te wees.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Binnebandlosebuiteband

3 woorde wat jou goed opsom:

Magneties, Kreatief, Aards

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media