Tayla Gouws

Dorp/Stad waar jy woon:

Kimberley

Beroep:

Onderwyseres & Welstands Berader

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sarie bied vir my die geleentheid om grense te verskuif wat ons samelewing so maklik op jongmense, veral op dames plaas. Die platvorm bied die moontlikheid om die klein dogtertjie droom in my te bewaarheid: Ons as vrouens is baie meer as net ons uiterlike voorkoms en tonne wêreldse stereotipes. Ons is braaf, sterk, dinamies en die absolute definisie van dinamiet in klein pakkies! Mag ons as vrouens altyd weet dat daar 'n ongelooflike mooi agter die woord "vrouwees" skuil en dat ons die onmoontlike kan doen!
Dit is ook vandag, 14 Mei, my ouma Sarie se verjaarsdag en ek het net gevoel dat daar geen beter manier is om haar te eer op hierdie spesiale dag nie – dit voel net 'reg': SARIE vir ouma Sarie.
Ek het in 2020 gedurende my matriekjaar vir SARIE Nuwe Gesig ingeskryf (dit was tydens die COVID-19 pandemie). Hierdie is my eerste keer vir die Voorbladgesig afdeling, maar my tweede keer wat ek in geheel aan die kompetisie deelneem.
Ek vandag 'n wyser ek – een wat werklik besef dat dit die klein dingetjies in die lewe is wat werklik saakmaak en wat nie geleenthede soos hierdie sommer weer deur my vingers sal laat glip nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

liewenheersbesie

3 woorde wat jou goed opsom:

Opreg, Outentiek, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media