Tanya Schoeman

Dorp/Stad waar jy woon:

Albertinia

Beroep:

Mamma, Vrou en Vriendin

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in as eerbetoon aan my ma, my grootste inspirasie en iemand wat my nog altyd geleer het om in myself te glo. Hierdie ervaring is heeltemal buite my gemaksone en juis daarom kies ek om hierdie uitdaging aan te pak. Vir my gaan dit nie net oor 'n voorblad nie, maar om ander vroue aan te moedig om hulself met trots en selfvertroue te omhels.

Ek leer in hierdie proses dat ek genoeg en geliefd is, geskape na God se beeld. Ek hoop om 'n inspirasie vir ander vroue te wees: "Klim uit daardie gemaksone, gryp nuwe geleenthede aan en vier jouself."

Elke vrou is uniek, waardevol en genoeg – Net soos jy is!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Pikant

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Passievol, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media