Tania Els
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Beroep:
Private Banking
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
As ‘n enkel mamma vir die afgelope 15 jaar het ek my lewe en energie met liefde aan my dogter toegewy. Wat ‘n voorreg om haar te kon sien groei en ontwikkel en nou is sy ‘n pragtige 20 jarige vrou.
In ‘n oogwink het die tyd verby gegaan en ek bevind myself in ‘n nuwe fase van my lewe. ‘n Fase waar ek myself weer wil vind en wil droom.
Soos ons ouer word het elkeen ‘n storie om te vertel. Ons almal se stories is uniek. Vir nou is myne, leef voluit, maak nie saak wat jou omstandighede is nie en droom.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, Stylvol, Omgee