Tanche Labuschagne

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Tanche is my wonderlike dogter met twee verskillende oe (Heterchromie). So spesiaal as wat dit is, is Tanche. Sy is 'n absolute wonderwerk. Sy is 'n mens met 'n regte hart van goud. Waar Tanche gaan, raak sy harte aan. Waar sy is, verander sy mense. Sy is 'n unieke vrou met n fondasie van integriteit, liefde en omgee. Tanche se lewe bestaan om mense te help, die goed in almal te sien en om 'n positiewe gesindheid by elkeen te kweek. Tanche is 'n Jesus kind wat sover sy gaan net goed vir almal rondom haar doen en almal eerste stel, sodat sy kan blom. Haar hele wese is liefde, sagtheid, omgee en regverdigheid. Sy staan vir dit wat reg en regverdig is. Sy is ons grootste blom, wat net aanhou blom en blom waar sy geplant is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Regverdigheid

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefde, Regverdigheid, Omgee

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media