Sylvia Strydom

Dorp/Stad waar jy woon:

Brackenfell

Beroep:

Nuwe Produk Ontwikkeling Executive (Kos)

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het n storie om vir jong meisies en vroue te vertel: dat jy eers jouself moet vind, jou doel, jou verhouding met God eerste te stel, voor jy trou, en weer trou. Na 2 mislukte huwelike, en n verlore droom om nie n kind te kan verwek nie, het ek n "bold" besluit gemaak om na my hart te luister en God te vertrou vir daardie Goddelike maat. Daai persoon by wie jy kan blom, en nie aan die standaarde van die wereld gemeet hoef te word nie. Vervullling kan nie meer aan wereld standaarde gemeet word nie. Vervulling is nie in om ander se narsistiese speletjies web vas gevang te word nie, vervulling le nie in sport, inkopies, oorsese reise en werk nie-vervulling moet by jou en God begin. En dan bowenal jouself te kies en om te kies om gesond te lewe: hart, siel en gees en liggaam. Ons kan soveel by mekaar leer, as ons net onsself toelaat om te wees.
Buiten hierdie storie van my lewe, lewe ek voluit,kies ek elke dag met sy mooi en uitdagings. Leer om te aanvaar dit wat jy nie beheer oor het nie. Aanvaar dat jou geluk maak saak.
Op n ligter noot: sal ek graag Sarie trots wil maak met my gesig en bewys dat niemand perfek is nie. Gesondheid le in vergifnis: vergewe jouself, vergewe jou ouers, vriende, familie. Kies om n pad te stap wat jou ware self sal ontwikkel. Step out and step up. Kies om te straal. Kies om jou nie te steur nie. Kies dit wat saak maak. Sprei jou vlerke. Kies Jesus.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Tip-Top

3 woorde wat jou goed opsom:

Hartlik, Glimlag, Nederig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media