Suzanne Retief
Dorp/Stad waar jy woon:
Hermanus
Beroep:
Customer liaison officer
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig met ’n hart vol dankbaarheid. My lewe was nie perfek nie, maar elke oomblik – die mooi en die swaar – het my gevorm tot die vrou wat ek vandag is. Oor n week word ek 50, en ek dra elke jaar met trots, want dit vertel my storie. My man en my kinders is my grootste liefde, my anker, en my rede om elke dag op te staan en my beste te gee. Ek wil wys dat ware skoonheid nie lê in foutloosheid nie, maar in ’n sagte hart, deursettingsvermoë en die liefde wat jy uitstraal. As ek kan inspireer dat ’n vrou haarself weer sien – met trots en met hoop – dan is dit vir my meer as genoeg.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Boepensbroodjie
3 woorde wat jou goed opsom:
Ready smile, Goedhartig, Sonskyn
