Susan van Niekerk
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek neem met trots deel aan Sarie se gesig van die jaar kompetisie omdat ek glo dat ware skoonheid veel dieper as uiterlike voorkoms strek. As ’n vrou in ’n rolstoel wil ek wys dat selfvertroue, deursettingsvermoë en ’n positiewe gees net so mooi is soos enige glimlag of stylvolle voorkoms. SARIE se motto om vroue se skoonheid uit verskillende agtergronde en omstandighede te vier, spreek my diep aan, omdat dit bewys dat elke vrou verdien om gesien, waardeer en gevier te word. Deur deel te neem, wil ek ander inspireer om hulself lief te hê nes hulle is en om nooit toe te laat dat uitdagings hul drome beperk nie. Ek wil wys dat ek ook mooi is, al is ek in ’n rolstoel, en dat ware skoonheid lê in wie jy is en hoe jy ander inspireer.
Ek het nog nooit aan enige skoonheidskompetisies deelgeneem nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Appeliefie
3 woorde wat jou goed opsom:
Vasberade, Veerkragtig, Liefdevol
