Susan Simpson
Dorp/Stad waar jy woon:
Koedoeskop
Beroep:
Administratiewe Klerk
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek glo vas dat my roeping / doel op aarde is om mense minder alleen te laat voel. Ek het lank met ons Hemelse Vader geworstel oor waarom Hy soveel uitdagings oor my pad gebring het. Dis 'n alleenpad – dinge waaroor mense selde (indien ooit) regtig oor praat. Ek gaan hierdie platvorm gebruik om my medemens in soortgelyke situasies minder alleen te laat voel, by te staan, dinge te normaliseer en hulle laat besef – dit wat met jou gebeur, gee nie definisie aan jou nie. Dit wat met jou geliefdes na-aan jou gebeur, is nie 'n klad op jou naam nie. Jy is waardig, jy is na Sy beeld geskape. Niks en niemand kan dit van jou af weg vat nie!
Hierdie is my kans en ek is so opgewonde! Ek het veels te lank net "oorleef" – dis nou tyd om te floreer en uit my gemaksone te beweeg om my roeping en drome na te jaag!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lukraak
3 woorde wat jou goed opsom:
Lewenslustig, Sprankelend, Tropdier