Sunique Engelbrecht

Dorp/Stad waar jy woon:

Boksburg

Beroep:

Exports Coordinator

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in omdat ek glo elke vrou het iets besonders om te bied – nie net in hoe sy lyk nie, maar in wie sy is. Ek het oor die jare geleer om my uniekheid te waardeer, en ek wil ander vroue aanmoedig om ook hul plek vol selfvertroue in te neem. Ek is nie perfek nie, maar ek is eg – en dit is vir my mooi. Dis vir my belangrik om deel te wees van iets wat ware vroue vier, en wat wys dat jy nie eers aan 'n sekere standaard hoef te voldoen om mooi en waardig te wees nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

LIG – Lig bring hoop, warmte, duidelikheid – en ek probeer elke dag om lig vir ander te wees.

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Doelgerig, Selfstandig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media