Suné Buys
Dorp/Stad waar jy woon:
Keimoes
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf in vir Sarie Nuwe Gesig 2025, om nie net vir ander ń punt te bewys nie maar vir myself ook. Mens sit partykeer met die gedagte dat omdat jy in ń plek bly wat niemand eintlik ken nie en min mense bewus van is, gaan jy sukkel om iets te bereik. Ek wil graag vir mense bewys dat dit nie waar is nie en mens die ondekbare ń realiteit kan maak. Ek wil mense inspireer om hulself te wees en daarna te streef om mense te help. Ons word in ń wêreld groot wat soms baie wreed kan wees. Wat vir kinders die indruk gee dat as jy nie die beste het nie, staan jy nie ń kans nie en ek wil graag daardie idee uitwis. Ek wil klein dogtertjies veral inspireer dat al het jy nie die duurste rokke, skoene of speelgoed nie, bly jy steeds ń wonderlike kind. In die wêreld waar ons grootword word daar so ń groot wan indruk geskep en dit is ń aaklige ding waarmee kinders moet saam leef, ons leef onder konstante druk om ook in te pas. Ek wil hê mense moet besef dat hulle nie hulself hoef te verander om in te pas nie, daar is mense van alle soorte daar buite, mense wat mekaar kan motiveer en aanvul. Ek is ń Godvresende kind, wat graag myself deur my Godsdiens wil uitstraal. Die Here is my staatmaker en sonder Hom sou ek nie vandag sit waar ek is nie. Ek kan nie sê dat ek nog altyd in ń tydskrif wil verskyn nie, maar die afgelope jaar droom ek groter as wat ek nog ooit het. Ek streef daarna om vir mense te wys wie ek werklik is. Dra jou hart op jou mou, wees trots op wie jy is, wat jy het en alles wat jy bereik. En bo dit als, Vertrou altyd op die Here ons God.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hardekwas
3 woorde wat jou goed opsom:
Eerlik, Doelgerig, Positief