Suené Venter
Dorp/Stad waar jy woon:
Boksburg, Johannesburg
Beroep:
Onderwyseres
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
ń Vrou se skoonheid word nie gemeet aan haar uiterlike voorkoms nie, maar wel aan haar innerlike voorkoms.
Dit het my ń paar jaar gevat om tot hierdie besef te kom en partykeer sukkel ek nogsteeds daarmee, soms lyk ander vrouens maar net so perfek.
Die werklikheid is dat jy die verandering moet maak binne jouself. Jy moet besef dat om jou nie-so-perfekte eienskappe met ander vrouens se perfekte eienskappe te vergelyk, is die grootste lokval waarin jy jouself kan bevind.
Jy as vrou, het die potensiaal om alles te bereik wat jy wil, solank jy dit aanpak met ware selfvertroue- die tipe selfvertroue waar jy vir jouself kan sê "Al is ek nie perfek nie, is ek goed genoeg, sterk en beeldskoon".
Vandag skryf ek in vir SARIE Voorbladgesig 2025, met die doel om vrouens te motiveer om hulle ware selfvertroue te vind. Jy het nie nodig om die perfekte uiterlike eienskappe te tê nie, as jy jou eie hart en siel kan vul met liefde, self-motivering, eerlikheid en nederigheid, sal jy besef dat jy dié vrou is wat God jou gemaak het om te wees- jy is goed genoeg nes jy is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Beeldskoon
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Nederig, Doelgerig