Sonel Kotze
Dorp/Stad waar jy woon:
Wellington (Tans in Qatar)
Beroep:
Lugwaardin
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Sarie voorbladgesig is nie net ‘n mooi gesiggie nie maar ‘n simbool van hoop en insperasie. Jou storie tel, my storie tel en ons elkeen het ‘n storie wat Jesus se goedheid en trou weerspieel.
My passie is mense en ek is bevooreg om in ‘n industries te werk met mense. Ek sien gesiggies reg oor die wêreld. Wat ek kan sê is dat God se mooi in elkeen is en dat jy ‘n paar sekondes met ‘n persoon kan spandeer en sy lewe verander omdat jy liefde en vriendelikheid teenoor hulle wys, al verdien mense dit nie altyd nie. Ek leer hoekom Jesus mense se voete gewas het en onvoorwaardelik lief gehad het. Ek sien wat Hy gesien het toe hy staar in elke persoon se oë en God sien.
Ek leer dat om te stry oor verskille net skeiding en seer bring, maar wanneer ons mekaar “celebrate” en die verskille “embrace” mense se mooi en sterkpunte uitkom.
Suid- Afrika moet weet dat om eenheid te bou kan net gedoen word deur om elkeen geliefd en aanvaart te laat voel. Om verskille neer te lê, laag te buig en mekaar se voete te was. Ek sien die verskil wat dit maak en die impak op mense se lewens.
My boodskap is kies mekaar onvoorwaardelik en ons kan voortgaan en ‘n nasie bou wat hoog bo almal uitstaan.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Geliefkoos
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Liefde, Geloowig