Simone Theron
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Huisvrou/Moeder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wou 10 jaar gelede inskryf vir Sarie Voorbladgesig en voel my tyd is nou.
As iemand wat deur IVF gegaan het en vandag met twee pragtige kinders by die huis kan speel het ek baie om voor dankbaar te wees. Ek sal graag my boodskap van hoop en inspirasie wil oor dra aan ander.
Vir my is dit baie belangrik hoe ek ander mense laat voel, ek streef altyd daarna om 'n genotvolle "geur" agter te laat deur hoe ek ander hanteer en wat ek van myself kan gee.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Oulik!
3 woorde wat jou goed opsom:
Standvastig, Eerbiedig, Empaties