Simone Rautenbach

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sarie voorbladgesig en Sarie tydskrif was nog altyd een van my grootste inspirasies. As 'n klein dogtertjie was ek mal oor Sarie tydskrif en die voorbladgesig kompetisie. Ek het altyd deur al my ma se Saries geblaai vir ure aan een en gesoek na mode idees. Sarie tydskrif is definitief waar ek my liefde en passie vir mode gevind het! Ek bewonder die stylvolle en klassieke manier van die Sarie tydskrif en hoe natuurlike skoonheid en uniekheid gevier word. Ek wil graag inskryf omdat die kompetisie vir my 'n wonderlike geleentheid bied om deel te wees van hierdie ikoniese tydskrif. Die impak wat die tydskrif gemaak het op my toe ek n jong dogtertjie was en nou as 'n jong volwasse vrou is iets wat ek altyd sal koester.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Avontuur

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Kreatief, Vriendelik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media