Shanei Jansen van Rensburg
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Beroep:
interieurontwerper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wil die gesig van die tydskrif wees omdat ek
glo elke vrou verdien om weer in haarself te glo. Ná ma-wees verloor baie vroue hulself maklik in die rol van "net 'n mamma", maar ons is steeds sterk, mooi en vol drome wat God in ons harte geplaas het. Ek wil ander vroue inspireer om hulself weer raak te sien, hul plek met selfvertroue in te neem en nie bang te wees om hulself daar buite te sit nie. Soms begin groei net deur die kans te vat, al is jy onseker.
Ek het nog nooit ingeskryf nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
pikkewyn
3 woorde wat jou goed opsom:
vasberade, sierlik, betroubaar
