Samantha Gillion
Dorp/Stad waar jy woon:
Gordonsbay
Beroep:
Account Manager
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo dis tyd om my lig voluit te laat skyn. Hierdie is my derde inskrywing, en elke keer het ek gegroei, in geloof, selfvertroue en roeping. In 2025 gaan ek vir goud! Ek stap uit met moed en oorgawe om my drome te bewaarheid en ander vroue aan te moedig om dieselfde te doen.
As ‘n Christen, vrou, moeder en skrywer van Love Says, leef ek met ‘n diep passie om ander te help leef met helderheid, selvertroue, liefde en impak en om te weet hulle is mooi, sterk en geroep. Dis meer as net 'n foto op 'n voorblad; dis 'n simbool van wat moontlik is wanneer ‘n vrou opstaan in geloof en haar plek volstaan.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde!
3 woorde wat jou goed opsom:
Geloofsvas, Doelgerig, Inspirerend