Sam Gillion
Dorp/Stad waar jy woon:
Hawston
Beroep:
Account Manager
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat dit vir my soveel meer is as net ’n kompetisie. Dit is ’n platform wat die skoonheid, storie en krag van gewone Suid-Afrikaanse vroue vier. SARIE glo dat elke vrou ’n unieke storie het wat vertel moet word, en dit resoneer diep met my.
Hierdie is my derde poging, en elke keer het ek nader gegroei aan wie ek werklik is. Ek het geleer dat dit nie net gaan oor hoe jy lyk nie, maar oor wie jy is, jou geloof, jou identiteit en die impak wat jy maak.
As ’n vrou, en spesifiek as ’n vrou van kleur, dra ek ’n diep begeerte om vir ander vroue en veral vir ma’s en jong meisies te wys dat ons drome geldig is. Dat ons gesien mag word. Dat ons plek het.
Ek wil wys dat jy nie perfek hoef te wees om raakgesien te word nie. Jy moet net eg wees.
Ek glo met my hele hart dat wanneer een vrou opstaan en haar lig laat skyn, gee dit toestemming vir ander om dieselfde te doen. En dit is hoekom ek weer en weer kies om in te skryf, nie net vir myself nie, maar vir elke vrou en elke dogter wat moet sien dit is ook vir jou moontlik.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Standvastigheid.
3 woorde wat jou goed opsom:
Doelgerig, Standvastig, Gelowig
