Rulien van Dyk
Dorp/Stad waar jy woon:
Roodepoort
Beroep:
Mediese Ontvangsdame/PA
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Dit was nog altyd 'n groot droom van my om modelwerk te doen en ek glo elke vrou is pragtig en uniek en elke vrou MOET kanse in die lewe vat en daardie tree van geloof neem! Ek moedig altyd my dogters ook aan om elke geleentheid aan te gryp en as dit vir jou bedoel is en die wil van die Here is SAL dit gebeur, maar slegs as jy 'n kans vat!! Ek is mal oor mense en om na hulle se stories te luister, so as ek 'n inspirasie en storie van hoop kan wees vir iemand daar buite sal dit my die gelukkigste mens maak.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
liplekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Energiek, Betroubaar