Ronel Claassen
Dorp/Stad waar jy woon:
Hartenbos
Beroep:
Ontwerper & Bemarker
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Drie vroue uit verskillende hoeke van my lewe het my aangemoedig om in te skryf — op 'n tyd toe ek vergeet het om in my eie waarde te glo. Dit het my herinner hoe kragtig dit werklik is wanneer vroue mekaar oplig. Soms verander 'n lewe bloot omdat iemand vir jou sê: "Jy kan!"
2024 was 'n jaar van uitdagings, maar ook een wat my opnuut laat besef het hoe kosbaar gesondheid, geloof en tweede kanse is. Vanuit daardie dankbaarheid het ek hierdie stap geneem — nie omdat ek dink ek is perfek nie, maar omdat ek glo elke vrou dra 'n storie van hoop, deursettingsvermoë en groei.
Hierdie inskrywing gaan vir my oor dankbaarheid, moed, vrouwees — en die mooi van mense wat mekaar dra.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Asemrowend!
3 woorde wat jou goed opsom:
Groothartigheid, Skeppend, Gedrewe
