Rochelle Groenewald
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria, Queenswood
Beroep:
Meganiese Engenieur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek sou glad nie eers gedink het om in te skryf nie! n Vriendin het die advertensie vir my aangestuur en gese sy dink dat ek perfek sal wees hiervoor. Ek het gewik en weeg juis omdat ek nie so mal daaroor is om in die kollig te wees nie. n Liggie in my kop het afgegaan en ek het toe besluit om dit te doen juis omdat hierdie jaar vir my n jaar van groei en transformasie is. Ek dink hierdie geleentheid is perfek vir my om so bietjie uit my gemaksone uit te klim.
Noudat ek inskryf en so bietjie dieper daaroor dink, sou ek se dat ek inskryf om vir die wereld te wys dat indien daar geleenthede oor jou pad kom, wat jou uitdaag om uit jou boksie te klim, doen dit! Wie weet, dalk straal my sagte hart, bruisende persoonlikheid en lus vir die lewe deur my glimlag en inspireer iemand wat dit nodig het.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Fantasties
3 woorde wat jou goed opsom:
Bruisend, Spontaan, Saggeaard