Robynne Scheepers
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Mediese Dokter
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in want ek is jong hardwerkende vrou wat klas en styl het en weet hoeveel impak en invloed die SARIE het. Ek wil die lesers bereik, want ek glo dat mens enigiets kan doen solank jy gefokus bly. Ek wil graag jong meisies inspireer om hulle droom na te streef en verder as die sterre te probeer reik. Ek wil die middeljarige vrouens herinner hoe hulle gevoel het toe hulle jonk was en hulle die inspirasie gee wat hulle nodig het om nie te vergeet van hulle drome nie. En ek wil elke ouma wat Sarie lees, 'n nuwe uitkyk op die lewe gee en vir hulle die trots gee om te weet dat hulle in rus en vrede die lewe kan geniet omdat daar wel nog hoop vir ons jeug is, omdat hulle ons goed groot gemaak het.
Dit is die eerste keer dat ek inskryf.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Klopdisselboom
3 woorde wat jou goed opsom:
Gedrewe, Meedelewend, Passievol
