Robin Theunissen

Dorp/Stad waar jy woon:

Centurion

Beroep:

Sangeres en liedjieskrywer

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

SARIE is vir my ’n stem vir die Afrikaanse vrou – sterk, sag, eg en dapper.
Ek wil mense aanraak, bemoedig, versterk en inspireer deur my pad met die Here bekend te maak, en te getuig van hoe die Vader in my lewe gewerk het. Ek het begin om gospelmusiek te skryf en wil my liedjies vrystel as ’n manier om my reis en geloof met ander te deel. Ek wil mense bewus maak van hoe moeilik dit is om met die outo-immuunsiekte Coeliakie (Celiac Disease) te leef – die daaglikse uitdagings waarmee ’n persoon wat gediagnoseer is, te kampe het; iets waarvan die meeste mense nie bewus is nie. Ek wil hoop bring, raad gee en lewenslesse deel – vir dié wat nuut gediagnoseer is, sowel as vir dié wat bloot ’n gesonder leefstyl wil volg.
SARIE is daarom vir my die perfekte platform om hierdie boodskap uit te dra – dit bereik vroue regoor die land, en gee 'n stem aan stories wat eg en lewensveranderend is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Môreson – 'n woord wat simbolies hoop, 'n nuwe begin, asook lig ná die donkerte beteken omdat ek glo dat elkeen van ons 'n kans het om onsself te vernuwe.

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Opreg, Eerlik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media