Petroné Kruger
Dorp/Stad waar jy woon:
Edenvale, JHB
Beroep:
Implementeringskonsultant
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Om dood eerlik te wees. Die verkeer was net rustig genoeg vir ’n dapper besluit, die son was op die regte plek, ek was betyds om die kinders op te tel en my hart dapper!
Ek is "resilient", nie uit keuse nie, maar deur genade van Bo. Deur storms van trauma en verlies, maar ook deur die mooi seisoene van vrouwees… vrou vir ’n wonderlike man en mamma vir twee pragtige kinders, het ek geleer om net aan te hou, selfs wanneer dit moeilik raak.
Ek wil nie meer net oorleef nie… Ek wil leef! ’n Kans vat! Daarom kies ek om dapper te wees en ’n waagkans te neem om nog ’n hoofstuk by my eie definisie van "resilience" te voeg.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Kielie
3 woorde wat jou goed opsom:
Eg, Resilient, Omgeemens
