Nita Mouton

Dorp/Stad waar jy woon:

Concordia

Beroep:

Administrateur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Die rede hoekom ek inskryf vir SARIE Voorbladgesig is vir my egtheid.

In kort beskryf ek word beskryf as ń "Plain Jane"

My man het my bewus gemaak van my egtheid en dat ek nie somer net ń "plain Jane" is nie. Ek is n plain Jane wat weet wie sy is. Ek het besef dat egtheid nie beteken dat jy alles reg het en perfek is nie.
Ek het vir n oomblik my egtheid verloor toe ek onlangs n nuwe mamma geraak het van ń pragtige dogtertjie. Ek het myself herinner dat ek moet eerlik met myself moet bly.Moederskap het my nou geleer dat ek al my tyd moet gee aan die bondeltjie vreugde. Ek is nogsteeds nie die perfekte vrou met die perfekte Instagram- huis of lewe nie. Ek is net n dood gewone vrou wat eerder tekkies sal aantrek en geen gremering. My dogter sal eendag op skool wonder of sy genoeg is, maar dan wil ek he sy moet na my kyk en weet sy is genoeg. Daar is iets bevrydend daaraan om nie meer energie te mors op iemand wat ek nie is nie. Daardie energie gaan nou in my kind, in my huwelik, in die klein oomblike waar ek regtig teenwoordig is.
Dit is wie ek is eg, eerlik en opreg. En vir die eerste keer in my lewe, is dit genoeg.
Moenie daardie oomblike miss nie, dit is waar jy jouself altyd terug kry.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Dankie

3 woorde wat jou goed opsom:

Egtheid, Warmte, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media