Nicolize Janse Van Rensburg

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch

Beroep:

Student by Isa Carstens

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat dit vir my ’n spesiale doelwit is waarna ek kan streef en wat my motiveer om die beste weergawe van myself te wees. Ek het nog altyd ’n groot liefde vir skoonheid gehad.

As Christen glo ek dat ware skoonheid van binne af kom, en ek wil graag daardie liefde, vreugde en lig na ander uitstraal. My hart is om geluk te versprei en vrouens te inspireer om hulself lief te hê, hul waarde te ken en te glo dat hulle ook groot drome kan bereik.

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar ek sien dit as ’n geleentheid om te groei, myself uit te daag en my passie vir skoonheid en selfversorging te gebruik om ander positief te beïnvloed!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Vreugde! 💛

3 woorde wat jou goed opsom:

Geesdriftig, Optimisties, Opbouend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media