Nicolene Emza Pienaar
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion, Eldoraigne
Beroep:
Bestuurder van twee Sorbet salonne
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Sarie Voorbladgesig voel vir my soos 'n geleentheid waar algemene alledaagse dames 'n kans staan na hul oomblik in die kollig. 'n Oomblik in jou lewe waarop jy kan terug kyk en weet: "Dit is ek op daardie tydskrif!". Sarie Voorbladgesig gee ons die kans om te reflekteer op onsself, om mooi te voel, en ons selfbeeld te groei met die gedagte dat ons nét so pragtig sal lyk op 'n tydskrif voorblad soos al die bekendes wat ons so gereeld bewonder. Alle dames sien "mooi" in hul eie perspektief; ek voel dat die gesig op Sarie se voorblad mooi sal wees omdat hulle sal straal van selfvertroue, hul oë sal glimlag en 'n natuurlike skoonheid sal he, wat alles saam wys dat sy opreg geluk in haarself gevind het. Ek glo dat ek so 'n tipe vrou is, en ek sal eintlik net ook bitter trots op myself wees as ek myself op Sarie se voorblad sou sien!
Ek het nog nooit ingeskryf vir Sarie Voorblad Gesig nie, maar wou al van jare terug af en het hierdie jaar gevoel ek gaan die kans vat.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
"O gats!" Dis 'n woord wat min gebruik word deur afrikaanse mense deesdae, maar in my familie loop dit nog vollop! Dis 'n eenvoudige woord wat humor insluit, wat enige foutjie of probleem laat klink asof dit nie so ernstig is nie. Soms is dit dalk wat ons onsself aan moet herinner glo ek, dat mens se alledaagse probleme of foute tog nie altyd so groot en ernstig is nie, daars belangriker dinge in die lewe as die klein goedjies waaroor ons so maklik bekommer.
3 woorde wat jou goed opsom:
Empaties, Energiek, Vreugdevol
