Nicole Swanepoel

Dorp/Stad waar jy woon:

Roodepoort

Beroep:

Student by Tuks

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het al baie SARIE langs my ma se bed gesien en die Voorbladgesig-kompetisie gelees, maar nooit gedink ek sal self inskryf nie. ’n Paar weke terug het een van my vriende my gebel nadat ek iets op sosiale media gepost het en grappenderwys gesê ek lyk soos iemand wat op die voorblad van SARIE hoort. Kort daarna sien ek toe toevallig dat die inskrywings oop is, en vir die eerste keer het ek gedink: “Hoekom nie?”

Ek is ’n gewone, plat-op-die-aarde landbou-veekunde student wat meeste van haar dae tussen studies, diere en die natuurlewe spandeer. Ek is nie iemand wat gewoonlik in die kollig staan nie, maar dalk is dit juis hoekom ek inskryf. Ek wil wys dat mooi nie net een tipe meisie is nie — soms is dit stof op jou skoene, ’n sagte hart, harde werk en iemand wat steeds nederig bly terwyl sy groot droom.
Nee, ek het nog nooit voorheen ingeskryf nie, maar soms begin die mooiste dinge buite jou gemaksone — met ’n enkele dapper besluit.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Goedertierenheid

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Opreg, Vriendelik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media