Nicole de Klerk
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Beroep:
BCom Regte~ Student by die Universiteit van Pretoria
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
My liefde vir die kunste het begin op die verhoog met drama en toneelspel en onlangs het ek 'n belangstelling ontwikkel om voor die kamera te wees. Daar is iets besonders daaraan wat mens lewendig laat voel – dat jy 'n hele storie, deur net jou oë, uitdrukking of selfs 'n eenvoudige glimlag kan oordra. SARIE vorm al vir generasies deel van mense se lewens dit is met die rede dat ek sinergie as my gunsteling Afrikaanse woord gekies het. Dit beteken dat die samewerking tussen verskillende dele 'n groter resultaat lewer as wat elke deel op sy eie sou kon doen. So sien ek vir SARIE, en dit sal 'n voorreg wees om deel te kan vorm van hierdie sinergie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sinergie
3 woorde wat jou goed opsom:
Ambisieus, Veelsydig, Kreatief
