Nalize Rykaart

Dorp/Stad waar jy woon:

Krugersdorp

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nie voorheen ingeskryf nie. Modelwerk was nie juis iets wat ek ooit gedink het ek sal doen nie maar dit het oor my pad gekom en ek het die geleentheid aangegryp. Ek is een van daai mense wat glo gryp elke geleentheid aan wat jou rigting kom want jy weet nooit of dit is wat die Here se plan eintlik met jou was nie. My ma is my grootste aanhanger en het my dadelik laat weet van die kompitisie toe sy dit sien en dit het na nog 'n goeie geleentheid in die lewe geklink. Mens lewe een maal. Jou lewe is wat jy daarvan maak. Wie nie waag nie wen nie. So dit is die rede waarom ek inskryf – geen mooi broodjies om te bak hieroor nie net die feit dat ek voel ek moet als probeer terwyl ek nog jonk is. Soos ek al genoem het is ek spontaan en daarom skryf ek in op nommer 99 maar ek glo ek moet net probeer, wie weet…… ?

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Spontaan

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Lekker, Opgewonde

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media