Monique du Plessis
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Besigheidseienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek weet daar is meer in elke vrou as bloot hulle voorkoms. Ek wil inskryf om 'n platform en bewusmaking te skep vir my eie vroue bediening (Worthy of Him) en kleremaatskappy (Hause of E). Vrouens gaan deur soveel en loop soms met baie seer hulle hele lewe deur, waar die vyand probeer steel aan hulle identiteit en roeping. Ek weet God het my geroep om 'n roeper van hoop en deurbraker vir vrouens te wees sodat hulle Jesus kan ontmoet, hulle self vind en hulle lewe kan uitleef in die kragtige vrou van God identiteit. Dit is hoe die twee entiteite bymekaar kom: Word gesond van binne en sien hoe jou identiteit jou styl en voorkoms sal verander.
Ek het self paaie geloop voor ek my hart vir die Here gegee het waar ek in die wereld van partytjie, dwelms en gebrokenheid geloop het. Ek kan vereenselfwig met wat baie vroue voel en wil 'n boodskap dra van hoop en vryheid.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Deernisvol, Vreugdevol, Ambisieus