Monique Basson

Dorp/Stad waar jy woon:

Johannesburg/Krugersdorp

Beroep:

Ma, Tuisteskepper en Entrepreneur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

"Hierdie een is vir haar"

Ek het al vantevore ingeskryf, maar hierdie keer voel dit anders…meer persoonlik.

Sarie was my Ouma se gunsteling tydskrif. As kind was van my kosbaarste herhinneringe die dae wat ons saam Clicks toe gegaan het, sy vir haar 'n SARIE, ek vir my 'n klein lekkertjie. Daaradie oomblikke was eenvoudig, maar vandag beseff ek hoe diep dit my gevorm het.

My Ouma is verledejaar op 2 April oorlede. Ek het so graag hierdie droom wou bereik terwyl sy nog hier was. Tog glo ek met my hele hart, dit is nooi te laat nie.

Sedertien het die lewe my verder getoets toe my Ma 'n beroerte gehad het op die dag van my Ouma se afsterwe. Twee storms wat my geleer het dat krag en sagtheid saam kan bestaan.

En so…hierdie inskrywing voel soos 'n klein manier om haar te eer. Om te wys dat drome op enige ouderdom, steeds kan leef. Dat 40+ nie 'n einde is nie, maar egin dieper skoonheid.

Hierdie een is vir haar!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Rimpelnek – Ons kry hulle almal na 39, ja ek het 'n rimpelne, maar dweet jy? Hy dra my kop vol drome!

3 woorde wat jou goed opsom:

Veerkragtig, Passievol, Eg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media