Minke Slabbert

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Dit sal die grootste voorreg wees om deel te kan word van SARIE nuwe gesig. In ’n wêreld waar mense konstant probeer voorgee, wil ek wys dat daar krag lê in eerlikheid, groei en identiteit. Ek wil ’n voorbeeld wees vir mense wat voel hulle moet “genoeg” wees vir die wêreld, terwyl hulle eintlik reeds sooveel waarde het. Ek het ’n diep liefde vir dissipline en om doelgerig te leef ,nie om raakgesien te word nie, maar om die beste weergawe van myself te bou. Die passie om mense te inspireer, te help en op te bou leef al van kleins af in my hart. Bo alles wil ek ’n weerspieëling wees van God se liefde en genade. As ek hierdie platform sou neem, wil ek mense laat onthou hoe dit voel om weer in hulleself te glo, en te help onthou dat egtheid steeds sooveel waarde dra.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Lieflingmens

3 woorde wat jou goed opsom:

Opreg, Geanker, Selfgedrewe

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media