Minke Basson
Ek skryf in vir SARIE Nuwe Gesig om vir myself die geleentheid te gee om buite my gemaksone te staan en vir ander meisies te wys dat enige iets moontlik is as jy in jouself glo en die Here aan jou kant het. Ek hou persoonlik van uitdagings en om nuwe dinge te leer. Ek het tevore in geskryf vir SARIE Nuwe Gesig maar ek het reeds soveel gegroei hierdie jaar dat ek graag weer die uitdaging wil aanpak.
