Millah Viljoen

Dorp/Stad waar jy woon:

Somerset Wes

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Ek skryf in vir SARIE Nuwe Gesig omdat ek dit as ’n opwindende geleentheid sien om nie net meer van myself te leer nie, maar ook om ’n ware inspirasie vir ander jong dames te wees. My liefde vir die kamera het reeds van kleins af begin toe ek my ma gereeld vir fotosessies gesmeek het. Ek wil meisies aanmoedig om onophoudelik in hul drome te glo en dit na te jaag – want met genoeg deursettingsvermoë word drome wel waar. My groter doel met hierdie inskrywing is egter om vir meisies te wys dat ware skoonheid nie net van buite kom nie, maar van binne af uitstraal, want 'n mooi, sagte hart het 'n manier om selfs jou oë en jou glimlag te laat skitter. SARIE Nuwe Gesig is vir my die perfekte platform om my passie uit te leef. Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

appelliefie

3 woorde wat jou goed opsom:

Vrolik, entoesiasties, liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media